AC

AC is ‘n seuntjie van 19 maande oud. Vir 10 van die 19 maande van sy lewe moes hy in die hospitaal by Bloemfontein Medi Clinic se paediatric I.C.U deurbring.

Hy is serebraal gestremd en het ook West sindroom en P.C.I. Dan is hy blind, doof en haal met n tracy asem en op permanente suurstof want hy kan nie sy lugweg oophou nie. Hy kan nie sluk nie aangesien sy mond spiere alles verlam is en hy kry sy kossies deur n peg direk in sy magie.

Hy is baie siek en kry gereeld longontstekking en ook septesemie. Hy is in en uit die hospitaal.

 

Child Medi het gehelp om ‘n “CA-MI Askir 230/12V Suction Pump” wat help om die sy mondjie en neusie skoon te hou van slym aangesien hy nie kan sluk of dit uit kan hoes nie as ‘n skenking gekry.

Ons het fondse ingesamel om die melk wat hy benodig te koop en ook ‘n paar blikke Peadiasure melkies as skenking gekry vir hom.

Sy ouers het ‘n hospitaal plan maar dit dek nie sy medikasie nie. Sy kroniese medikasie beloop tussen R6 000.00 en R8000.00 per maand.