Andries

Klein Andries is op 8 Januarie 2017 met 'n nood keiser gebore nadat hulle agtergekom het dat sy hartjie met rukke stop terwyl sy mamma met hom swanger was. Met geboorte was die naelstring 2 keer om sy nekkie. Hy was onmiddelik opgeneem in die Intensiewe Hoesorgeenheid in Robinson Hospitaal maar hulle het dreig dat as die ouers nie onmiddelik 'n deposito betaal nie hulle hom gaan moet oorskuif na 'n staatshospitaal waar hy sekerlik nie die nodige behandeling sou kry nie.

Hy was vir meer as 3 weke in die Intensiewe Hoësorgeenheid aangesien sy longetjies nog nie heeltemal ontwikkel het nie en hy kon ook nie suig of sluk nie.

Op die 30ste Januarie om 23:30 in die nag het hulle hom oorgeplaas vanaf die Robinson Private Hospital na Jusaf Dadoo hospitaal maar daar wou hulle hom nie aanvaar nie. Hulle het hom uiteindelik na 2 uur die oggend opgeneem.

 Sy mamma was vroeg die volgende oggend daar aangesien sy nie by hom kon bly nie en hulle het gese hulle gaan vir baba na die Rahima Moosa Mother And Child Hospital in Johannesburg oorplaas. Hulle het toe gewag vir ‘n ambulans en hy is toe 6 uur die middag oorgeplaas.

Daar het hulle hom baie mooi hanteer en mooi geleer hoe om te sluk en te suig en met al die terapie is hy uiteindelik op die 6de Februarie ontslaa. Baba doen nou goed en hy drink al al sy melk op.

 Die ouers het Child Medi genader omrede hul fondse gekort het. Tot dusver R3 350.00 ingesamel vir Andries en kort nog fondse om ten minste 1 van hulle doktersrekeninge te kan dek.