CJ

Wat as ‘n pragtige dag saam met familie begin het, het tragies uitgedraai vir die Kotze familie van Randgate, Randfontein.

Terwyl CJ saam met sy vriende by ‘n familie byeenkoms in Kempton Park gespeel het op die 1ste Januarie 2017, het hy skielik inmekaar gesak.

Sy pa het dadelik probeer help om hom aan die lewe te kry maar sy asemhaling het gestop en hulle kon ook nie ‘n hartklop gekry nie. Sy ouers het hom na die Arwyp Hospitaal gejaag, en met hulle aankoms daar was hy dood verklaar.

Dokters het hard gewerk om ‘n hartkloppie te kry en sy hartjie geskok en uiteindelik was daar ‘n ligte hartklop.

Ongelukkig dek hulle mediese fonds nie Intensiewe Hoësorg of ongevalle nie en sy ouers het dood eenvoudig net nie die fondse gehad om te betaal nie.

Hulle het Child Medi Organisasie gekontak en gevra vir hulp..

Child Medi het fondse ingesamel en R 10 280.00 betaal vir sy skanderings en ‘n verdere R 37 600.00 aan die hospitaal betaal.

Nadat CJ ontlaan is het hy met hulp van die gemeenskap terapie gekry en het wonderlike vordering gemaak en tenvolle herstel.