Ella & Ethan

Hulle het in die stad gebly en toe na ‘n plaas naby Benoni getrek. Vandat hulle na die plaas getrek het, het dinge begin skeef gaan met die kinders.

Hulle het allerhande merke en vel irritasies begin kry en die ouers het geen idée gehad wat dit is nie. Hulle is toe uit hul blyplek op die plaas gegooi en is toe by ‘n huis vir haweloses ingeneem.

Nadat hulle daar ingetrek het het hulle die volgende oggend wakker geword en hul dogtertjie se een ogie was baie lelik geswel. Hulle het haar na die Verre Oos Hospitaal geneem en dokters het gese dat dit ‘n vel siekte is wat 9 uit 10 kinders normaalweg kry.

Sy was vir ‘n week in die hospitaal opgeneem en het behandeling gekry. Die swelling het weggegaan en nadat sy ontslaan was het haar hele lyfie begin uitslaan. Hulle het vir haar die antibiotika gegee wat hulle by die hospitaal gekry het, en dit het eers gelyk of dit werk en daarna het haar lyfie weer uitgeslaan. Hulle weet nie wat dit is nie en is nie seker of dit aansteeklik is en of ander kinders dit ook kan kry nie.

Daarna het ons seuntjie dit ook begin kry. Hulle sukkel om te slaap aangesien hulle heel nag krap. Dit breek hulle harte om hulle kinders so te sien. Ethan James sukkel ook met asma asemhalings probleme. Hulle het net nie die fondse om die kinders by dokters te kry nie.

Dit het alles in die laaste 2 maande gebeur en die kinders word net nie beter nie. Hulle hande is afgekap. Hulle kan die kinders nie na privaat dokters toe neem nie aangesien hulle nie die fondse het nie en wil hulle nie terug neem na die staatshospitaal toe nie aangesien die behandeling daar nie gewerk het. Dit het die probleem inteendeel erger gemaak.  Hulle sal enige hulp waardeer.

Hul het Child Medi Organisasie gekontak, maar tot nou het nog geen fondse ingekom vir hierdie kinders nie. Ons benodig ongeveer R3000.00 om die kinders by ‘n pediater te kan kry asook vir hul medikasie.