Kosie

Kosie het in November 2016 aanvalle begin kry. Ons het eers gedink dit is niks tot hy so 4 weke terug begin skreeu het en nie wou ophou nie. Ons het hom by n dokter in Brakpan gehad en toe sy die video sien toe vermoed sy dadelik dat hy brein skade het.

Ons het hom laas week by JHB Gen gehad waar hulle vir ons dieselfde gesê het. Ek het pre-eclampsia gehad toe ek swanger was met hom en hulle se dit kan die oorsaak van brein skade wees.

‘n Tekort aan suurstof.

Hulle het hom nou op medikasie vir infantile spasma. Hy kry sover elke dag aanvalle. Sy regter kant van sy lyfie kan hy skaars gebruik. Die hospitaal se ook hulle vermoed dat hy net skaduwees kan sien. Hy sukkel met alles wat ‘n 9 maande oue baba al moet doen.

Die hospitaal het gesê dat hy sal nooit normaal wees nie. Daar is nog geen toetse gedoen om te sien wat fout is nie. Hulle kan ons ‘n afspraak gee vir die MRI maar dis eers vir einde September 2017 en ons kan nie staan en toekyk hoe hy sukkel tot dan nie.

Hulle se ook hy moet n EEG kry, asook physio, en hy moet n oogkundige sien. Hy moet ook spraak terapie doen en n oor dokter ook sien. Ons vra graag enige bydrae om ons te help met die skanderings en ander toetse. Ons kan nie wat tot September toe nie.

Nadat Child Medi Organisasie sy storie geplaas het, het ons ‘n boodskap van ‘n dame ontvang wat by radioloë werk. Sy het gevra vir ‘n verwysingsbrief van ‘n dokter asook ‘n brief van ons sodat sy die dokter kon oortuig om Kosie se EEG gratis te doen.

Ons het die nodige dokumente aan hulle verskaf en hulle het ingestem om die EEG te doen. Kosie moes wel medikasie gebruik om hom rustig te maak tydens die EEG en dit kon hulle net per voorskrif kry.

Child Medi Organisasie het genoeg fondse ingesamel om vir ‘n doktersafspraak asook die medikasie te betaal. Die bedrag was R555.00

Kosie moet nou ‘n neuroloog gaan sien en ook gaan vir fisioterapie. Ons is nie seker wat die onkostes daarvoor gaan wees nie en benodig verdere fondse vir hom.