Larochelle

Ma van 12-jarige nierlyer se desperate pleidooi: help ons voor my dogter sterf.

Ek het al so gehuil . . . As die Here my moet straf, moet hy my nie straf deur my kind te kom haal nie.

 So het Lisa Steenberg (30) van Welkom in die Vrystaat gesê oor haar 12-jarige dogter, Larochelle, wat desperaat dringend ’n nieroorplanting moet kry. Sy het byna geen nierfunksie meer oor nie en haar ma moet drie keer per dag dialise toedien om haar aan die lewe te hou.

Lisa verdien net R500 per week waar sy by 'n kontantleningsonderneming werk. Haar man, Donald (37), werk as dieselwerktuigkundige en bring net sowat R8 500 per maand huis

Lisa het bekommerd gese hul is in groot moeilikheid, en toe oor die krisissituasie vertel.

Al gaan Larochelle waarskynlik die operasie in n Johannesburgse staatshospitaal kry, sal dit hulle nog steeds honderdduisende rande

  kos, en hulle het dit nie, en nog minder vir 'n privaat hospitaal.

Lisa is ’n geskikte skenker en al die nodige toetse is gedoen en sy het alreeds 40kg verloor vertel sy..Sy is ook bereid om haar lewe vir haar kind te gee. Sy sê Larochelle is ’n “baie parmantige en tog n liefdevolle omgee dogtertjie. Dis net so jammer dat sy haar lewe lank siek is.

 Lisa vertel dat Larochelle waarskynlik met 'n chroniese niersiekte gebore is , maar dit is eers in 2015 gediagnoseer. Die Dr het net na 21:00 op 27 November 2015 die skoknuus vir die ouers gegee, sy het slegs n 5% funksie weens versaking in albei haar niere oorgehad. Lisa se haar kind wou nie eet nie, het permanent geslaap en was baie bleek.

Oor die jare het staatsdokters gereeld gese dit is haar mangels wat haar so siek maak. Haar mangels is toe vroeer in 2015 verwyder, maar steeds het sy al sieker geraak.

Lisa vertel dit is hartverskeurend om haar kind, 'n gr. 7-leerder aan die Laerskool Dagbreek, so te sien agteruitgaan, en hulle weet hul het nie die fondse om haar lewe te red nie.

Die verslae ouers se familie en vriende het Child Medi Organisasie gekontak in die week om te help. Ons werk pal met baie gevalle, maar hierdie een is n wekroep om die lewe van n pragtige jong dogter te red. Sjoe, wat doen mens nou?

 Larochelle sê baie keer Liewe Jesus moet haar net kom vat. Sy is moeg, en so ook haar liggaampie. Dit vat baie vir 'n kind om so iets te se.

 Child Medi het reeds fondse begin insamel vir Larochelle, en is tans besig om n fees vir haar te reel om haar lewe te help red.