Lerize

ASSEBLIEF kan almal vir ons dogtertjie bid. Sy is in soveel pyn en ons weet nie meer wat om te doen nie.

Klein Lerize is 3 jaar oud. Sy huil konstant van pyn in haar hartjie. Ons het haar by die Leratong Hospitaal gehad waar hulle op die 3rde Februarie vir ons gesê het dat sy ‘n gaatjie in haar hart het.

Ons volgende afspraak by die hart spesialis by Leratong Hospitaal is eers op die 7de Maart. Van laas week Donderdag af het Lerize baie siek begin word. Sy hou niks kos in nie en gooi heeltyd op en haar magie werk ook bloed. Ons het haar na die kliniek geneem maar hulle kon niks vir haar doen nie en het gesê ons moet haar so gou moontlik by ‘n dokter kry.

Ons vra assebief dat almal haar storie deel. Ons wil kyk om Lerize so gou moontlik by ‘n dokter te kan kry wat na haar kan kyk en haar kan help. Sy is nog so klein en gaan deur baie pyn.