NADYA

Nadya is gebore met Hidrocephalus (vloeistof op die brein) Sy het n "shunt"inplanting gekry drie weke na geboorte. Ongelukkig het sy infeksie gekry en die shunt was verwyder.

Sy het vir meer as 10 maande die breininfeksie beveg. Sy het dit oorkom en n shunt inplanting is weer gedoen. Gedurende hierdie tydperk het sy soveel vloeistof in die brein opgebou dat die omtrek van haar kop gegroei het vanaf 47cm tot 63cm. Ek weet shunt soldate is vegters en kan steeds n kwaliteit lewe lei.

Child Medi is gekontak vir help en het dan ook dadelik ingespring om dinge moontlik te maak. Daar is ook gehelp met akkomodasie, doeke ,melk ens.

Dankie vir almal wat gehelp het om dit moontlik te maak.