RICHIE

Richie is gebore op 19 February 2014 met verskeie hart defekte soos HLHS, PVS, HETEROTAXY, DEXTROCARDIA, PH en n paar ander.

Ons vra vandag Gebede vir ons klein seuntjie.

My suurstof verbinding met hemolobien in my bloed is 90 tot100 wat ongelooflik is. My Dokter het al die aartjies en are van my lugweë reggemaak. Hy het al die dele wat nie gewerk het nie reggemaak en geherrangskik en dit werk. Hy het meeste van die ekstras verwyder.

Hy kon ook n 6 mm shunt insit en die vernoude are regmaak en my bloeddruk jaag nie meer na my kop nie. Ek was net omtrent 2 ure op die hart long masjien wat volgens die Dr fantasties is. Dit was n lang 12 uur dag vir my maar ek doen goed.

Dankie baie vir jul baie gebedes . Hou aan asseblief aan dat ek n vinnige en wonderlike herstel kan hê.